Ons kom bymekaar in n kom van berge in die oggend skadu vd Kromrivier hut (Paarl/Wellington seksie van die Bergklub SA). Veraf kabbel water en voeltjies kwetter die oggend – verbeel ek my – meer as gewoonlik? Is hulle miskien ook opgeroep deur die stemme van die fluit en viool? Margaretha en Johan se musiek? Dit alles temidde van die oneindige stiltes verder van van die berge met die vars oggendlug op gesig, maak mens bewus van die Groot Onbegryplike Teenwoordigheid.

Ons stemme val in met “make a joyful noise unto the Lord”, mooi noot-vaste stemme, maar ook bas, lae alt en harde hoge piep geluide. Hy was egter daar om ons netso te ontvang so glo ek. Ons sing op, verby die berge terwyl Sy brood vir ons in brokke gebreek word en elkeen mag dan die “Gebroke Liggaam”/brood en die “Christus Bloed”/wyn vir sy naaste bedien as priester, koning, profeet. Want die tempel voorhang het met mos geskeur sodat ons almal toegang tot Sy Allerheiligste kan he. Ons herdenk dat Hy ten “hemele” opgevaar het en ons agter gelaat het om namens Hom te mag ageer en saamgebind te word. (Fil:4;4-9 “……. Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby……..”). Hy maak ons skewe en krom pogings reg. Kyrie Eleison. Die liturgie is Anglikaans, maar ons mag ons eie Christen gebruike kies en ons eie taal praat. Die proeseltjie lekker muskadel uit n individuele NG glasie trek deur my are en word versterk deur deur n goeie sluk uit die tradisionele gemeenskaplike nagmaalbeker. Daardie sluk is natuurlik om die priester te beskerm wat sober uit die berg moet kom om sy vrou uit die hospitaal huis toe te neem.

Hierdie hutdiens was n eerste keer. Graag weer volgende jaar?

“Lord make us an instrument of your peace”.

Ons hutdiens s gelei deur afgetrede priester Don Stephens uit die Anglikaanse Kerk wat in die valleie en rivier van die omgewing grootgeword het en nou in Fisherhaven woon – n vergeestelikte natuurman met n wilde bos brons hare. Sy ervaringe laat hom onverskrik en nie verstik in koue pampoen stuitighede nie. In sy tyd het Don deur die week dikwels groepe na die hut gebring vir vyf-dag- ‘retreats’ in die berge. Lekker gedagte.

Elsa Klump

[nggallery id=15]

Categories: Journal

0 Comments

Leave a Reply

Avatar placeholder

Your email address will not be published. Required fields are marked *