[vc_row][vc_column width=”1/1″][vc_column_text]

Met ons hutonderhoud naweek van Saterdag, 9 Augustus het ons die bykans perfekte weer gehad om in die berg te ontspan.  Hoe kan mens dan ook werk op so ‘n dag?  Elk geval, ten spyte van ons klein groepie (8) wat opgedaag het, kon ons darem ‘n paar dinge doen en nog die kans gebruik om die natuur te geniet na die baie reen wat geval het.  Die waterpyp vanaf die druktenk is nou 50% onder die grond wat meestal bestaan uit klip en rots.  So ook met die pypwerk by die wasbak by die hut.  Die dames het die hut aan die binnekant weer leefbaar en nuut gemaak en kon ons na afloop van die dag se aktiwiteite tevrede huis toe gaan.  Die voorsiening van water by die hut is nou afgehandel en werk die stelsel goed.  Die pomp by die rivier het ook die winter se reenval goed deurstaan.  Die voetpad vanaf die parkeerarea na die hut benodig egter dringende herstelwerk op plekke weens verspoelings en sal daaraan aandag gegee moet word met die toestemming van Cape Nature.  Daar is nog ‘n klompie werke binne en rondom die hut wat ons graag wil afhandel voor die mini-kamp van Oktobermaand.

[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column width=”1/1″][postgallery_image id=”stage_HutAug14″ data_source=”data-4″ orderby=”ASC” flickr_set=”No username entered” slidesetid=”HutAug14″ timeout=”4″ align=”aligncenter” imageeffect=”frame” animation=”fade” tween=”linear” lightbox=”yes”][/vc_column][/vc_row]

Categories: HutJournal

1 Comment

Esme Jordaan · August 12, 2014 at 5:06 am

Die werkery lyk baie sosiaal. Ek sien darem ‘n graaf!

Leave a Reply

Avatar placeholder

Your email address will not be published. Required fields are marked *